auditorium.jpg (3889 bytes)ksb_rsa_logo.jpg (8454 bytes)


Audio Sermons

Audio music
Text Sermons
Visitor Info
Outreaches
Choir
Confession
Articles
Links
Education
Ministers
Map
Photos
History
Cassette
Europe
Self-help
Internet
Faqs
HOME

                                    


HERINNERING AAN DIE PREDIKANTEKONFERENSIE

"Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig" (2 Tim 2:15).

Tema: "Deur die Here goedgekeur"

Liewe Vriende in die Here

Noudat die tyd van die Predikantekonferensie nader kom, wil ons u aan die datums herinner en u op hoogte bring van verdere verwikkelings betreffende sprekers en onderwerpe wat bespreek sal word. U sal die volledige tentatiewe program op die agterkant van hierdie brief vind. U sal opmerk dat daar tyd opsygesit is vir paneelbesprekings, waartydens u die geleentheid sal kry om vrae te vra en u mening te lug.

Om 'n bietjie agtergrond oor die Predikantekonferensies te herhaal: Hierdie konferensies word jaarliks vir predikante en Christelike werkers gehou. Gewoonlik woon ongeveer 'n duisend predikante en Christelike leiers dit by, nie slegs van regoor Suid-Afrika nie, maar ook van baie oorsese lande. 'n Groot groep word hierdie jaar uit Europa verwag.

Hierdie Konferensie word D.V. 8 - 11 Maart 1999 gehou, met die eerste diens Maandagaand 8 Maart om 7:30 nm. en die afsluitingsdiens Donderdagoggend 11 Maart. Dit word spesiaal so beplan sodat u oor die naweek by u gemeente kan wees.

Die tema van die Konferensie is "Deur die Here goedgekeur", met as temavers 2 Tim 2:15.

Sal u asseblief hierdie uitnodiging aan ander predikante en Christelike werkers met wie u kontak het, gee? Ons wil graag dat so veel predikers as moontlik die Konferensie bywoon. U kollegas en enige ander predikers, evangeliste, kerkraadslede of enige iemand in Christelike leiersposisies is baie welkom om te kom. Die ouditorium te KwaSizabantu het meer as genoeg plek vir u en almal anders vir wie u wil uitnooi. U deelname is belangrik en ons sal graag van u wil hoor.

Omdat die tyd nou so kort is, sal ons dit waardeer as u per foon of faks met ons in verbinding sal tree (die nommers is bo-aan hierdie bladsy). U kan ook van ons e-posnommer, <<mail@ksb.org.za>>, gebruik maak. Stuur asseblief die name van diegene wat teenwoordig sal wees en spesifiseer egpare, mans en vrouens. Verblyf en etes sal voorsien word, maar ons sal dit waardeer as u u eie beddegoed kan saambring. Ons sal u behulpsaam wees met vervoer vanaf en weer terug na die lughawe, stasie of bushalte in Durban. Laat ons asseblief weet wanneer en waar ons u kan afhaal.

Ons sien daarna uit om u hier te sien!

Met vriendelike groete in Sy Naam

Eerw Erlo Stegen

Tel: (032) 481-5500 Fax: (032) 481-5510

 

flag_rsa.gif (1795 bytes)
             
flag_ru.gif (1491 bytes)
             
flag_nl.gif (1281 bytes)
             
flag_de.gif (1245 bytes)
             
flag_ch.gif (764 bytes)
           
flag_fr.gif (1250 bytes)               
romania_flag.jpg (1925 bytes)              





Last edited on: Sunday October 28, 2001     E-mail us at: mail@ksb.org.za          Return to KSB Home page