|
|
|
|
Uitnodiging na Predikantekonferensie 5 - 8 Maart 2001 "TERUG NA BYBELSE KERNWAARDES" "Die Evangelie ... wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan." (1 Kor 15:1)
Liewe Vriende in die Here Die volgende KwaSizabantu Predikantekonferensie is om die draai en ons is opgewonde oor die tema en die prominente sprekers wat reeds bevestig het om die Konferensie toe te spreek. Baie Christene, veral diegene in leierskapsposisies, stem daarmee saam dat daar n algemene laksheid in die Kerk is. Suid-Afrika is beslis nie onaangeraak hierdeur nie - om die waarheid te sę, baie mense is van mening dat Suid-Afrika op die voorfront is om weg te beweeg vanaf Christelike standaarde in die Kerk en die samelewing. Gelowiges het probleme daarmee om hulle by die vinnig veranderende węreld om hulle aan te pas en word maklik deurmekaar gemaak deur nuwe idees wat die grondslag van ons geloof aantas. Dit is die rede waarom ons op die tema, "TERUG NA BYBELSE KERNWAARHEDE", besluit het. Sommige van die internasional sprekers wat reeds bevestig het dat hulle kom, is:Dr Bert Dorenbos van Nederland, President van Schreeuw om Leven Holland. Prof Grady McMurtry van Amerika, Stigter en Direkteur van Creation Worldview Ministries. Ons wag nog vir andere om te bevestig. Die Konferensiedatums is 5 - 8 Maart 2001, D.V. Die eerste diens begin Maandagaand 5 Maart om 7:30 nm. en die Konferensie duur tot Donderdagoggend 8 Maart. Dit word spesiaal so beplan sodat predikante oor die naweke by hulle eie gemeentes kan wees. Ons sal binnekort vir u verdere inligting oor onderwerpe en ander sprekers aanstuur. Intussen wil ons u aanmoedig om biddend hierdie uitnodiging te oorweeg, vir uself en enige kollegas wat in enige vorm van Christelike bediening is. Laat ons per brief, e-pos, telefoon of faks weet indien u kan kom. Telefoonnommer: (032) 481-5500 Faksnommer: (032) 481-5510 E-posadress: ministersconference@kwasizabantu.com Webwerf: www.kwasizabantu.com Omdat baie mense in die Kerk van Bybelse kernwaardes afwyk, begin hulle dan glo dat diegene wat getrou bly aan die Woord, rusverstoorders is, of te radikaal, so te sę "van hulle verstand af", ens. Ons lees in Jesaja 59 verse 14 en 15:"... Die waarheid struikel waar daar reg gespreek word,eerlikheid kan nie daar inkom nie.Die waarheid het verdwyn,wie ophou om kwaad te doen, word daaroor vervolg..." Hierdie eerskomende KwaSizabantu Predikantekonferensie hoop om n hele paar sake aan te spreek om die Kerk en Christelike bedienings aan te spoor, te versterk en te bemoedig en n uitdaging daar te stel. Ons sien daarna uit om van u te hoor. Met vriendelike groete in Sy diens
Erlo Stegen "Verkondig die Woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig;weerlę, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaakwat net sal sę wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend."(2 Tim 4:2-4) "So sę die Here: Staan by die kruispaaie en kyk,en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit,dan sal julle rus vind..." (Jer 6:16) |
|
Last edited on: Tuesday April 03, 2007 E-mail us at: mail@ksb.org.za Return to KSB Home page |