Baie Duisende Mense Wat Hulp op die KSB Sending Gekry het

Ek ken jou nie en jy ken my nie. Dit is egter met groot hartseer en verontwaardiging dat ek vanoggend jou artikel op News24 lees oor die aQuelle water en die cult”. Vir ‘n verslaggewer van jou formaat sou ‘n mens tog verwag om eers self die plek te ondersoek en dan jou berig te skryf. Ek is al 30 jaar vertroud met die plek en het baie seën en genesing daar gevind. Al die stories is al ondersoek en van alle waarheid ontbloot. Geen bewyse kon gevind word nie (want dit is alles liegstories – hoe ongelooflik dit ook al mag klink)  Die waarheid is dat die Here daar werk en die duiwel dit haat. Hy probeer al baie jare lank (vanaf die begin van die herlewing) die plek skade berokken maar is onsuksesvol. Die paar bitterbekke wat die stories versprei het duistere by motiewe en kon nie hulle eie sin kry nie. Moenie jou ore uitleen vir die duiwel en sy gesante nie. Praat liewers met die baie duisende mens wat wat hulp op die KSB sending gekry het en nog steeds kry. Praat met die duisende jong seuns wat aan dwelms verslaaf was en verlossing op die sending gevind het. Van hierdie seuns was al in tot 15 rehabs en kon nie gehelp word nie. Praat met ander mense met gebroke lewens wat op die sending weer heel geword het. Gaan kyk self wat daar gebeur en wat vir die gemeenskap gedoen word.

Praat met mense wat daar bly, drie gratis etes per dag kry, gratis water en elektrisiteit en nog vele ander voorregte wat ek nie eers hier wil noem nie. Vra ook vir die bitterbekke van ie voorregte wat hulle hier geniet het. Dit word gerieflikheidshalwe verswyg. Vra hulle ook hoe hulle gehelp is in tye van nood.

Ek en jy sal eendag voor die troon verskyn en jy sal moet verantwoording doen van alles wat jy geskryf het. Maak seker dat dit die waarheid is en as jy vind dat jy verkeerd was, tel asb die saak reg anders gaan dit jou duur te staan kom. Hou op sensasie soek en wees eerlik in jou berigte.

Bel en vra om die plek e besoek. As jy nie regkom nie sal ek dit vir jou reël. Jy kan toegang kry tot alles wat jy wil sien en praat met wie jy kies om mee te praat.

Dis vir jou eie beswil wat ek dit vra. Die Here sorg self vir die sending en geen mens kan dit sy werk hier vernietig nie.

Praat met die mense wat al selfmoord probeer pleeg het of dit oorweeg het en op KSB genesing gevind het en met ‘n lied in die art daar weg is en gereeld terugkom vir verdere hulp – alles gratis. Praat ook met die mense wat mediese operasies moes kry en dit nie deur die staat gedoen kon kry en ook nie self kon bekostig het nie. Die sending het dit vir hulle betaal. Ek praat nou van derduisende rande. Selfs van die mense wat nou so aktief teen die sending werk – as hulle net eerlik wil wees en erken. Praat  met die wat weke lank gratis daar bly terwyl hulle gehelp word met hulle probleme en nie ‘n sent daarvoor betaal  nie. Praat met die wat in massiewe finansiële verknorsings sit en wat deur die sending gehelp word om weer op die been te kom. Praat met kinders wat weggegooi was en op die sending ‘n heenkome gevind het.

Maar die “souttertjies” wat nou so al braak wou nie hulle nonsens los nie en hulle motiewe was nie suiwer nie. Hulle was gedwarsboom in hulle stewes wat nie strook met Christelike leefwyse nie en suur druiwe dryf hulle nou tot die punt waar hulle doen wat hulle doen. Ek kan nog baie dinge noem maar sal liewers dat jy self gaan kyk en dan besluit.

Ek en jy mag nie deel van die goddelose situasie word nie as ons seën op ons lewens wil hê.

Alta