Maggie Fleischmann

Liefdevolle Sorg

Liewe Leser

Laat my toe om hierdie brief sommer namens al ons ouer seniors te skryf. Ons is heelwat weduwees – en sommige (soos ek) reeds bo 90 jaar.

Dankie vir die liefdevolle liggaamlike en geestelike sorg wat ons hier ontvang.

Dankie aan Erlo en sy kinders wie se huis altyd oopstaan om hulp te gee waar nodig.

Dankie aan al die medewerkers en almal op KwaSizabantu wat mense help.

Dankie aan die beraders (soos Esther Bornman) wat enige tyd dag of nag saam met iemand sal bid en ondersteuning gee.

In die dertien jaar wat ek hier is, het ek gebroke mense sien inkom en dan deur die kosbare Evangelie verander word.

As afgetrede onderwyseres is ek beïndruk deur die skool en kollege se hoë standard – veral die geestelike wysheid wat by die jongmense te voorskyn kom. Ons ouer garde pluk die vrugte van welopgevoede kinders wat nog respek vir ouer mense het.

My grootste verwondering is hoe dwelmverslaafdes heeltemal verander en verantwoordelike burgers van die samelewing word – mense na wie jy kan opsien!

Dankie aan die Here vir KwaSizabantu! Dankie, dankie!

Maggie Fleischmann

 

Dear Reader

Allow me to write this letter on behalf of all of us older seniors. A number of us are widows – and some (like me) are already above 90 years of age.

Thank you for the loving physical and spiritual care that we receive here at KwaSizabantu.

Thank you to Erlo and his children whose homes are always open to offer help where needed.

Thank you to all the co-workers and everyone on KwaSizabantu who help people.

Thank you to the counsellors (like Esther Bornman) who are always willing to pray with, and encourage anybody at any time, day or night.

In the thirteen years that I have been here, I have seen how broken people arrive and are changed by this precious Gospel.

As a retired teacher, I am impressed by the high standard of the school and the college – especially the spiritual wisdom that is evident in the young people. We older ones pick the fruit of well brought-up children who still have respect for older people.

What amazes me the most is how drug addicts change completely and become responsible citizens of the community – people whom I can look up to.

I thank the Lord for KwaSizabantu! Thank you, thank you!

Maggie Fleischmann