Waar Mense Regtig Gehelp Word

Ek is ‘n opgeleide onderwyseres verbonde aan ‘n skool by een van die takke van KwaSizabantu.

Ek kan nie vir u die pyn beskryf wat ek ervaar het toe ek al die berigte oor KwaSizabantu in die koerant gelees het nie, want ek kén die mense, ek wéét dat dít nie hulle lewe is nie. Vir die afgelope 35 jaar was KwaSizabantu nog net vir my ‘n groot seën. Dis ie hoogste Christelike standaard wat ek nog teëgekom het en met my hele wese is ek een daarmee.

Die Here sê in Joh.10:4 dat Sy skape Sy stem ken. Ek is so bly dat oom Erlo God se stem kan hoor, dat hy Hóm gehoorsaam en dat hy vas bly staan al draai sy familie en die ele wêreld ook teen hom. Dit gee my vrymoedigheid om na hom te gaan as ek ‘n probleem het, want ek weet ek sal die Waarheid hoor (al maak die waarheid ook seer) en dis die Waarheid wat my vry maak (Joh.8:32).

Dis voor God at oom Erlo eendag gaan staan en dis aan Hom wat hy rekenskap sal moet gee. Gal.1:10 sê: “As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.”

Vir baie jare het ek elke skoolvakansie KwaSizabantu toe gegaan en ek het net vriendelikheid, gasvryheid, liefde en hulp ontvang. Ek het ook vir ‘n jaar daar gebly en is op ie hande gedra. Alles gratis. Verskeie kere het hulle my gratis gehelp met my motor wat gediens moes word of probleme gehad het.

Hier waar ek op ‘n tak van KwaSizabantu bly, ervaar ek hoe ons kort-kort bederf word met voorraad vanaf KwaSizabantu, of dit nou vars of gevriesde groente is, of aQuellé, of wat ook al. Nou in ie tyd van Covid-19 is ons weer van immuunversterkers voorsien.

Die groot ding is egter nie wat ons fisies van hulle ontvang nie, maar ie Christelike standaard wat hulle handhaaf en dis hoekom KwaSizabantu ‘n plek is waar mense regtig gehelp word.

Die uwe
Mej. Nelia van der Vyver