‘n Dankbare Hart

Dankie vir die geleentheid! Ek kan nie stilbly oor wat ek gesien en beleef het op KSB nie. Hulle preek nie net die evangelie van Jesus Christus volgens die waarheid van die Bybel nie, maar leef dit en stel die voorbeeld.

Ek word met soveel omgee en liefde elke keer ontvang en gehelp. Ek besoek die sending al vir 30 jaar soveel as wat ek kan en alles is nog net soos wat dit altyd was, vol harmonie, vrede en geen rasisme nie.

Een ding wat wel verander het is MY lewe. Ek is 'n nuwe mens deur die Here se genade. Die beste is om self te gaan kyk, sien is glo.

Linnie Croeser