Ons Bid Daagliks vir die Sending

Geliefdes in Christus,

Die venydigheid van die berigte in Media 24 is inderdaad skokkend.  Van ‘n Christelike verdraagsaamheid en soeke na die waarheid word weinig gevind.

Met my dogter en haar man wat by die Sending betrokke is, en ons kleindogter voltyds by die Sending, is daar by ons ‘n geweldige hartseer.  Omdat die eer van ons Vader aangetas word en sovele hierdeur baie swaar sal kry, in vele opsigte.

Ons bid daagliks vir die Sending,  vir ons Here se wysheid, liefde en vrede in die optredes wat gevolg word, vir kinders van ons Vader op die Sending en daar buite,  en dat die verheerliking van die glorieryke Naam van ons Vader verheerlik sal word met sy seën aan en deur die Sending.

Ons verbly ons in die waarheid wat in Jesus Christus is, is opgewonde oor die hoop wat in ons leef en ons vertrou absoluut ons Hemelse Vader.

Hosea 14 het my sterk aangespreek.

In Christus,

Kobus en Hanlie van Zyl